Die goeie nuus gaan oor sy Seun wat as mens gebore is uit die nageslag van Dawid. Die Heilige Gees het Hom op 'n kragtige manier bekend gestel as die Seun van God toe Hy, Jesus Christus ons Here, uit die dood laat opstaan het.
Lees meerDie goeie nuus gaan oor sy Seun wat as mens gebore is uit die nageslag van Dawid. Die Heilige Gees het Hom op 'n kragtige manier bekend gestel as die Seun van God toe Hy, Jesus Christus ons Here, uit die dood laat opstaan het.
Lees meerAlle mense is ewe skuldig in God se oë.
Lees meerAlmal, sonder uitsondering, het gesondig en het geen deel aan God se koninklike glans nie. Maar God aanvaar hulle as sy eie sonder dat hulle iets daarvoor hoef te doen. Hy doen dit net omdat Hy hulle onvoorwaardelik liefhet en omdat Christus Jesus vir hulle sondes betaal het.
Lees meerGod aanvaar mense net omdat hulle Hom vertrou en Hy hulle onvoorwaardelik lief het. Dit is wat Hy beloof het en dit geld vir die hele nageslag van Abraham. Dit geld nie net vir die Jode wat die wet ontvang het nie, dit geld ook almal wat soos Abraham God op sy beloftes neem.
Lees meerGod het ons as sy eie aanvaar omdat ons in Hom glo. Daarom het ons nou vrede by God deur dit wat ons Here Jesus Christus vir ons gedoen het. Deur Hom het ons nou, deurdat ons glo, deel gekry aan God se onvoorwaardelike liefde.
Lees meerSo is dit ook met julle, broers. Omdat julle deel is van Christus se liggaam en saam met Hom gesterf het, is julle dood ten opsigte van die wet. Die wet geld nie meer vir julle nie. Julle is nou vry om aan 'n ander te behoort, aan Hom wat uit die dood opgewek is.
Lees meerDie rente wat die sonde betaal is die dood, maar die liefdesgeskenk wat God gee is om altyd saam met Hom te lewe. Dit geld almal wat een geword het met Christus Jesus.
Lees meerNa alles wat ons gesê het, staan een ding onwrikbaar vas. Diegene wat deel is van Christus Jesus kan nooit veroordeel word nie.
Lees meerHulle verstaan nie dat Christus 'n einde daaraan gemaak het dat 'n mens die wet moet onderhou om deur God aanvaar te word nie en dat 'n mens God net daarvoor hoef te vertrou.
Lees meerBroers, omdat God vir julle omgee, doen ek 'n beroep op julle. Gee julle liggame vir Hom. Doen daarvan afstand soos 'n mens van 'n lewende offer afstand doen. Dit is wat Hy wil hê. Dit is die manier om Hom te dien.
Lees meerElke mens moet gehoorsaam wees aan die regering wat oor hom regeer, want geen regering kan enige mag uitoefen as God dit nie vir hom gegee het nie.
Lees meerNiemand van ons leef vir homself nie en niemand van ons sterf vir homself nie. Solank ons lewe, leef ons tot eer van die Here. En wanneer ons sterf, sterf ons tot eer van die Here. Of ons lewe en of ons sterf, ons behoort aan die Here. Dit is die rede waarom Christus gesterf en uit die dood opgestaan het en weer lewend geword het - om oor die lewendes en oor die dooies seggenskap te hê.
Lees meer