WAAR DIE HEILIGE GEES BLY
1 Kor 6:12-20
Daar is mense wat sê: "Ek mag enigeiets doen." Jy is reg, maar nie alles is goed vir jou nie.
Hulle sê: "Ek het die reg om te doen net wat ek wil." Dit is so, maar hoekom jouself aan iets verslaaf?"
Hulle sê ook: "Hoekom het ek dan 'n maag? Dis mos sodat ek kan eet." Dit is so. Maar altwee is van so min waarde dat albei tot niet sal gaan.
Al het 'n mens 'n liggaam, is dit nie bedoel is vir seksuele losbandigheid nie. Jy het 'n liggaam sodat die Here daardeur geëer kan word. Ons liggame behoort aan Hom. Hy is die Eienaar.
God het deur sy goddelike krag die Here Jesus se liggaam uit die dood opgewek. So belangrik is ons liggame vir Hom dat Hy met dieselfde krag ook ons liggame sal opwek.
Julle liggame het deel van Christus geword. Sal ek nou 'n deel van Christus vat en dit deel van 'n sedelose vrou maak? Nooit nie!
Julle weet tog dat iemand wat met 'n sedelose vrou seksuele omgang het, liggaamlik een met haar word. Dit het God lankal gesé: "Hulle twee sal een word." Dieselfde is waar van die Here Jesus. As jy jouself vir Hom gee, word jy geestelik een met Hom.
Julle moet niks met seksuele losbandigheid te doen hê nie. Elke sonde wat 'n mens doen, doen hy buite sy liggaam. Maar iemand wat seksueel sondig, sondig met sy eie liggaam.
Julle liggame is 'n aanbiddingsplek waar die Heilige Gees aanbid. Dit is hoekom God julle die Heilige Gees gegee het om in julle liggame te bly.
Julle kan nie doen met julle liggame net wat julle wil nie, want julle behoort nie aan julleself nie. Julle is gekoop en die koopsom klaar betaal. Dit het die Here Jesus aan die kruis gedoen. Julle liggame is daar om God te vereer.