1 min gelees

TROOS MY VOLK!

Jes 40:1-11

"Troos my volk!
Troos my volk, sê julle God!
Haar hart is stukkend.
Roep hardop dat sy kan hoor!
Haar swaarkry is verby!
Haar skuld is betaal!
Die Here het haar sondes dubbel en dwars vergewe!"


Iemand roep:
"Maak 'n pad gereed waar dit woes is!
Maak 'n pad vir die Here.
Bou 'n gelyk pad waar alles wild is!
Vul die leegtes op, maak die berge gelyk!
Maak alles gelyk vir sy pad - heuwels, bulte, rotsagtige plekke.
Daar sal die koninklike glans van die Here sigbaar word vir alle mense.
Dit sál gebeur, want dit is ‘n persoonlike boodskap van die Here."


'n Stem sê: "Roep!"
Iemand vra: "Wat moet ek roep?"
Roep dit uit.
"Die mensdom is soos gras.
Sy prag soos 'n veldblom.
Die gras verdor, die blom verlep as die asem van die Here daaroor blaas.
Werklikwaar, die volk is gras.
Die gras verdor, die blom verlep, maar dit wat die Here sê, hou vir altyd."


Sion, jy wat 'n goeie boodskap het om te vertel, klim op 'n hoë berg sodat almal jou kan hoor.
Jerusalem, jy wat 'n goeie boodskap het om te vertel, moenie bang wees nie, roep hardop sodat almal jou kan hoor!
Sê aan die inwoners van Juda: "Julle God het gekom! Hy is hier!"

Let fyn op! Wanneer die Here kom, kom Hy met krag en sal heers met mag.
Let fyn op! Hy kom om af te reken. Hy bring sy beloning saam:

Hy sal sy kudde laat wei soos 'n herder.
Hy sal sy lammers in sy arms vashou.
Hy sal die swakkes aan sy bors dra.
Die lammerooie sal Hy versigtig lei.

LAAI ‘N KOPIE HIER AF